Stop Smoking Clinic on Facebook

testimonials

Leon Vogt


"Sedert die 15de November 2011 het ek nog nie weer gerook nie! Ek het my laaste sigaret gerook net voor ek vir my eerste behandeling gegaan het. Ek het gerook vandat ek 22 was. Voor ek opgehou het, het ek tussen 20 en 40 sigarette per dag gerook. Ek het verskeie produkte probeer, maar geeneen was suksesvol en party het erge newe effekte gehad. Met hierdie behandeling het ek nie onttrekkingssimptome gehad nie. Ek ruik, eet en slaap ook baie beter. 

Ek spaar elke dag my sigaretgeld en het na 'n maand weer al die koste vir die behandeling terug verhaal. Intussen spaar ek my sigaretgeld vir my volgende vakansie! (Ons gaan vir 2 weke Krugerwildtuin toe....sonder sigarette!) Ek sal beslis die behandeling aanbeveel. As ek na 33 jaar kon ophou, kan enigiemand met 'n bietjie wilskrag dit ook regkry.

Nogmaals baie dankie en voorspoed met julle goeie werk."



who why   how faq